Die Rektor
Potchefstroomkampus
NWU
Prof. A. Combrink,
Dit is met skok dat ek verneem het van die besluit van u universiteit om die Afrikanerkultuurgroep, GK267, te verban van die universiteit. Dit terwyl ander bevolkingsgroepe steeds toegelaat word om kultuurgroepe en selfs politieke groepe te bedryf op die universiteit.
Dit skep die indruk dat u 'n aksie het teen die Afrikaner en sy kultuur. Die vermoede word versterk deur die propagandablad wat deur die filosofie-departement uitgegee is. Die naam van die propagandablad is so vulgêr dat ek dit nie eens in hierdie skrywe kan noem nie. Ek glo geen opgevoede persoon sal daardie naam in opgevoede geselskap wil noem nie. Ek vind dit vreemd dat sulke vulgêre propagandablaaie toegelaat word, maar 'n Afrikanerkultuurgroep word nou verban.
Ek verneem graag of daar enige oortreding was wat in stryd is met die Grondwet van die land. Voorts verneem ek waarom soortgelyke beletsels nie geplaas word op ander strukture wat selfs meer radikaal in hule opvattings is nie - of is Afrikaners 'n verleentheid vir die Universiteit?
Indien dit gaan oor die gebeure in Bloemfontein en by name die sogenaamde Reitz video. Dan neem ek aan dat die ANC ook verban gaan word by die universiteit, aangesien lede van die ANC skootrekenaars gesteel het in Bloemfontein tydens hulle onlangse kongres daar.
Ek is seker u het 'n regsfakulteit by die universiteit. Ek stel voor dat u hulle kontak en uself vergewis van artikel 30 en 31 van die Grondwet. Ook moet u besef dat geen reëls wat u universiteit maak, in stryd mag wees met die Grondwet van Suid-Afrika nie. Artikel 30 en 31 van die Grondwet van Suid-Afrika gee aan die Afrikanerkultuurgroep GK267 bestaansreg in Suid-Afrika. U universiteit se optrede kan dus as ongrondwetlik beskou word.
Die Grondwet van Suid-Afrika maak verder voorsiening vir vryheid van assosiasie. Deur GK267 te verban, is u universiteit besig om hierdie vryheid te ontneem van die lede van GK267. Ek wonder hoe die menseregtekommissie daaroor sal voel.
Hierdie saak sal ek ook onder die aandag bring van die Afrikanerfront. Indien u nie bewus is nie, die Afrikanerfront is 'n sambreelorganisasie waaraan 24 Afrikanerorganisasies behoort. Die Afrikanerfront strewe na eendragtigheid van Afrikanerorganisasies en ook na onderlinge ondersteuning van Afrikanerorganisasies. Dit is juis onregverdige optredes soos hierdie, wat die ontstaan van die Afrikanerfront genoodsaak het.
Dit is 'n jammer dag wanneer die kinders van 'n volk die teiken word van aanvalle. Die Afrikanervolk het al in die verlede hierdie soort van lafhartige aanvalle op onskuldige vrouens en kinders ervaar. Ook is dit ironies dat tydens die tweede vryheidsoorlog dit ook die "joiners" was wat die wreedste teenoor die vrouens en kinders was in die konsentrasiekampe. Ek is seker u universiteit het 'n geskiedenisfakulteit, dus stel ek voor dat u uself vergewis van hoe daar teenoor "joiners" opgetree is wat wreed was teenoor die Afrikanervolk se kinders.
My voorstel is dat u hierdie futiele poging om die Afrikaner se kultuur te misken, staak. Verder verwag ek ook dat u persoonlik 'n verskoning aanbied aan die lede van GK267.
Die uwe,
Ben Geldenhuys
President
Bravoland
Showing posts with label Die weerstand. Show all posts

Sunday, June 22, 2008
Pukke vier steeds 31 Mei
Vir jong Pukke, asook ouer gardes van die Pothefstroomse gemeenskap was dit Donderdagoggend, 29 Mei `08, voorwaar `n voorreg om weer herinner te word aan vele lewens wat opgeoffer is tydens die Anglo-Boere oorlog.
Die Bittereinderdag-herdenking is vroeg die oggend afgeskop met ‘n kranslegging wat plaasgevind het by die Pothefstroomse konsentrasiekampbegrafplaas. Interessant van die konsentrasiekamp was, dat dit teen September 1901 sy hoogste getal vrouens en kinders inwoners bereik het, naamlik 7545, wat dit op daardie stadium die grootste kamp in die Zuid-Afrikaanse Republiek gemaak het.
Die aand is `n gedenkaand gehou, waar weereens diè jaar se tema deur Mnr Barend Uys, die spreker vir die geleentheid, beklemtoon is: Ons Onthou ! Saterdag die 31ste het lede van dieselfde groep ook die herdenking by Paardekraal, wat deur onder ander Bravoland, Die Verkenners en Die Afrikaner Kultuur Beweging, gereël is, bygewoon.
In teenstelling met vorige jare is die Gedenkaand egter nie op die Puk gehou nie. Die rede hiervoor was dat die Studentedekaan van die Puk aangevoer het dat sodanige aktiwiteite nie so naby aan die eksamentyd van die studente gehou mag word nie. Ironies genoeg is ons bewus van talle ander studente aktiwiteite wat wel in die tyd plaasgevind het en wat nie verbied is nie.
Dit blyk verder ook asof jong Boere en Christene se belange nie meer welkom is op die eens Gereformeerde instelling nie, aangesien die studenteraad van die Puk, op daardie selfde aand, ja kort voor die eksamentyd, `n vergadering belê, waar daar besluit is dat GK267 nie meer op kampus welkom is nie. Geen skriftelike redes is aan ons verstrek nie, maar is ons meegedeel dat die rede vir die skorsing is dat volgens die SR, GK267 ‘n politieke agendas loots, en nie met kultuur handel nie. Skynbaar word die beskerming van jou kultuur, taal of geloof, deesdae as politiek gesien. Ons sal graag van die SR, of hul opdraggewers wil weet wat dan van ons sogenaamde Grondwetlike regte, soos die reg op vryheid van spraak, geword het.
So is ook die laaste uitgawe van Die Brandwag, die mondstuk van GK267, op 21 Mei `08 deur die SR van kampus af verban ; die rede hiervoor aangevoer is die feit dat dit die Kandelaar op die voorblad bevat, asook dat dit inhoud bevat wat sogenaamde geweld op kampus onder verskillende rasse gaan uitlok. Ons wil net graag vermeld dat geen leser van die Brandwag tot ‘n xenofobiese aangeval gedryf is nie.
Die Kandelaar, wat histories deel uitmaak van die PU vir CHO se kulturele erfenis en vir ons as studente heenwys na die eertydse Gereformeerde karakter van die instelling, is deurgaans deur GK267 as simbool gebruik om ons te herinner aan ons strewe om die Christelike karakter van die kampus te behou en om andere op kampus bewus te maak van ons herkoms. Daar is al selfs deur die SR so ver gegaan om te sê dat as ons sou voortgaan om die Kandelaar as deel van ons identiteit te gebruik, ons deur die universiteit gedagvaar sou word. Daarenteen het hulle eerder besluit om GK267 van die kampus af te skors.
Geïnspireer deur die ywer en moed van ons Bittereindervoorouers sal ons egter nie sommer gaan lê nie. Die Stryd duur voort!
Indien u sou belangstel om die onderliggaam te kontak of kritiseer, besoek gerus hul webwerf by www.gk267.com, lees ook Die Brandwag by www.gk267.com/diebrandwag, of lewer kommentaar by PUvirCHO@gk267.com.

Subscribe to:
Posts (Atom)