Showing posts with label Die aanslag. Show all posts
Showing posts with label Die aanslag. Show all posts

Sunday, June 22, 2008

OOPgesprek - Die misbruik van Geskiedenis.




In hierdie artikel word GK267 daarvan beskuldig dat hulle geskiedenis misbruik.

Deur jou geskiedenis te onthou en trots te wees daarop, is tog nie 'n misbruik daarvan nie, of hoe?

OOPgesprek - Die Bul**** van Bloedrivier




Hierdie is nie net 'n aanslag teen GK267 nie, maar teen die ganse Christelike Afrikanerdom!

Mosie vir permanente goedkeuring (GK267)

From: Wynand Greffrath
To: 12989053@student.nwu.ac.za
Date: 2008/06/02 04:34 pm
Subject: Mosie vir permanente goedkeuring (GK267)

Casper

Tydens Donderdag die 29ste Mei se SR vergadering was daar 'n mosie deur die Verenigingsraad ingedien vir GK267 se amptelike goedkeuring om as onderliggaam gepatroneer te word. Die stemtalle vir die mosie was soos volg, 13 teen, 2 vir en 1 onthoude stem. Dus word GK267 nie meer as NWU onderliggaam deur die SR geag nie. Hierdie verwikkeling het verskeie implikasies:

1) Geen aktiwiteite of aksies mag deur GK267 op kampus gehou word nie
2) Geen lokale mag deur GK267 bespreek word nie
3) Geen publikasies of bemarkingsmateriaal mag deur GK267 versprei word nie
4) Die PUK se geregistreerde kandelaar embleem mag geensins van gebruik gemaak word nie. Gebruik van die kandelaar embleem geld as gronde vir siviele aksie.

Die standpunt van die SR lui dat GK267 se grondwet nie die aard van hul aksies weerspieel het nie. Die behoud van Afrikaner kultuur en Christenskap, soos verskans in GK267 se grondwet is opsigself 'n waardige doel. Die manier waarop GK267 egter te werk gegaan het om die boodskap in aksie te manifesteer dui op 'n sekere behepteid met sosio-politiese kwessies, soos vervat in die publikasie "die Brandwag". GK267 se doel op kampus was as 'n kultuur onderliggaam, onder voogskap van die Verenigingsraad. GK267 was nooit 'n politiese onderliggaam nie.

Die SR het egter gemeld dat GK267 op verskeie gebiede positiewe kommentaar uitlok, veral met betrekking tot organisasie en administrasie, sowel as die pro-aktiewe houding wat die bestuur getoon het met elke geleentheid waar hulle betrokke was. Verder is herpatronasie nie buite die kwessie nie, mits daar wysigings aan GK267 se grondwet of karakter geskied, en dit die SR se goedkeuring dra.

Verenigingsraad groete,

Wynand

Departonering van GK267




GK267 is nie welkom op die kampus nie en nou word enige verskoning gebruik om hulle te "departoneer".

Die eerste aanslag was natuurlik die "Oop Gesprek" nuusblad van die filosofie departement. Toe dit hulle nie stil nie, is hierdie nuutste aanval geloots.