Alet Rademeyer
Die Noordwes-Universiteit (NWU) glo in vryheid van spraak en gaan nie stappe doen teen die student wat ’n artikel onder die titel “Die bullshit van Bloedrivier” geskryf het nie.
Prof. Annette Combrinck, rektor van die Puk-kampus van die NWU, het gister gereageer op ’n brief van die Federasie van ?Geloftefeeskomitees wat hul skok oor die artikel uitgespreek het.
Die artikel het in die Desember-uitgawe van OOPgesprek, nuusblad van die filosofievereniging op die kampus, verskyn.
Die federasie het gekla oor die swak taalgebruik in die artikel sowel as “geskiedkundige onjuisthede en belaglike gevolgtrekkings”.
In die artikel is onder meer na die moorde by Bloukrans, Wenen en Slagtersnek as “veldslae” verwys.
Daar is ook verwys na verskeie “mites” rondom Bloedrivier, soos dat dit ’n wonderwerk was en dat God aan die kant van die Afrikanervolk staan.
Mnr. Theuns de Wet, voorsitter van die federasie, het gesê die ergste misleiding waaraan die skrywer skuldig is, is die bewering dat die Voortrekkers nie die oorwinning by Bloedrivier as ’n oorwinning vir die Christelike beskawing gesien het nie.
Combrinck het gesê die filosofievereniging bestaan uit ’n groep studente en die NWU borg nie die nuusbrief nie.
Sy het gesê daar is verskillende denkskole rondom Bloedrivier en die Gelofte en die student se artikel verteenwoordig een daarvan. Sy het gesê die NWU se standpunt is dat hulle op hul mening geregtig is.
Sy het gesê daar is begrip daarvoor dat die verpakking van die artikel in studentetaal die klaers kon ontstel en daarvoor kan verskoning gevra word.
Combrinck het gesê die studente het die reg om hul menings te huldig.
“Hulle is op universiteit om hul idees te slyp en wat die taalgebruik van die artikel betref, kan die universiteit ’n rol speel om hulle te leer oor hoe om aan ’n akademiese diskoers deel te neem.”
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2344302,00.html
Showing posts with label Agtergrond. Show all posts

Sunday, June 22, 2008
'Die bullshit van Bloedrivier'
Alet Rademeyer
Die Federasie van Geloftefeeskomitees het ’n ope brief aan dr. Theuns Eloff, rektor van die Noordwes-Universiteit (NWU), gestuur waarin hy sy skok uitspreek oor ’n artikel van die universiteit se filosofievereniging onder die titel: “Die bullshit van Bloedrivier”.
Die artikel het in die Desember-uitgawe van OOPgesprek, nuusblad van die NWU se filosofievereniging, verskyn.
Mnr. Theuns de Wet, voorsitter van die federasie, het gesê die artikel het eers tydens ’n vergadering vandeesweek onder die federasie se aandag gekom.
Hy het sy verontwaardiging uitgespreek dat die universiteitsowerhede hoegenaamd sulke nuusbriewe op die kampus toelaat.
“Die artikel is uittartend teenoor ’n groot en gerespekteerde deel van die Afrikanervolk, getuig van uiters swak smaak en taalgebruik en is deurspek met woorde wat nie in beskaafde geselskap tuishoort nie.”
De Wet het bygevoeg dit wemel van geskiedkundige onjuisthede en belaglike gevolgtrekkings.
Hy het gesê om na die moorde by Bloukrans, Wenen en Slagtersnek as “veldslae” te verwys, is belaglik.
“Om te suggereer dat dit eers of net die ou Nasionale Party-regering was wat erns met die Gelofte se herdenking en nakoming gemaak het, is net so ’n wanvoorstelling as die veralgemeende stelling dat dit deur die betrokke regering verabsoluteer is.
“Duidelik weet die skrywer nie van die herbevestiging van die Gelofte en die Paardekraalverbond van 1880 nie, ook nie van die herdenking van die Gelofte tydens die Tweede Vryheidsoorlog en daarna nie.”
Volgens De Wet weet die skrywer ook nie van die goeie verhouding tussen die Voortrekkers en koning Panda van die Zoeloes, Dingaan se opvolger, nie en ook nie van die uitdelgingsoorloë van Tsjaka, Silkaats en Dingaan nie.
Die ergste misleiding waaraan die skrywer skuldig is, is die bewering dat die Voortrekkers nie die oorwinning by Bloedrivier as ’n oorwinning vir die Christelike beskawing gesien het nie, het De Wet gesê.
Hy het gesê die federasie is teleurgesteld dat die universiteitsraad so ’n swak nuusbrief op kampus toelaat.
In die artikel verwys die anonieme skrywer na verskeie “mites” rondom Bloedrivier, soos dat ’n wonderwerk was en dat God aan die kant van die Afrikanervolk staan.
Die universiteitsbestuur was gister heeldag in vergaderings en het onderneem om vandag kommentaar te lewer.
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afr...343699,00.html

Subscribe to:
Posts (Atom)